Bruid en Bruidegom

Vandag se post is nogals na aan my hart siende dat dit geinspireer is deur twee van my dierbaarste vriende wat onlangs getrou het. Uiteindelik. As jy hierdie lees my maat, ek moes erens net uiteindelik inbring.

Die troue was prentjie mooi. Ek onthou ek het daar gestaan en gesit en kort kort myself gevang dink oor trou. Hoe ons as mens dit sien, hoe anders dit is met elke paartjie. Ek het die preek verskriklik geniet (eerste vir my op ‘n troue) en daar was baie wysheid en liefde in die preek gewees.

Ek gaan net twee punte van die preek aanhaal en verder my eie vrae en denke neerpen.

Die eerste is gemik op vrouens. Hierdie mag dalk eers jou emosionele hok skud maar lees tot die einde asseblief.
Die eerste punt is dit: Vrouens, moenie jou man jou liggaan weier nie, moenie intimiteit gebruik as ‘n wapen nie en moenie intimiteit gebruik as ‘n mags-stryd tussen jou en jou man nie. Harde woorde, of minstens vir baie huwelike vandag.
Ek dink (weereens net my opinie en ervaring wat hier praat) dat baie vrouens met dit sukkel. Hemel weet, vrouens word van klein tyd af geleer om tog net nie oor die tou te trap nie. Hoeveel vrouens word geleer dat wanneer jy getroud is moet jy daardie tou vat en jou en jou man op julle huweliksbed vasmaak en die intieme gawe van God geniet tot oorlopens toe? Moenie hande op steek nie, dit gaan ander net laat slegter voel.
Baie vrouens voel magteloos in hulle huwelike, vir verskeie redes waarvan baie regtig hartseer en geldig is, en dan wend hulle, hulle na enige wapen wat hulle kan. Selfs intimiteit. Seks is nie ‘n goue juweel wat jy en jou gade oor moet baklei nie. Want sodra dit is wat jy daarmee maak is daar nie meer eenheid in jou huwelik nie, want julle is nou in twee kampe. “A house divided will fall.”
Ek weet daar is baie regverdigings hiervoor, ek weet ook daar is oseane van vrouens se trane opgesluit in hierdie aspek. Ons gaan dit nie regmaak deur die oorlog aan te hou voer nie.

Die punt vir die manne is dit: Moenie jou vrou emosioneel kwesbaar in die wereld instuur nie, moet nie jou vrou as vanselfsprekend sien nie en laastens onthou jou troudag.
Vir mans is emosies maklik tot dit by ons vrouens sin kom, want ons verstaan julle vrouens nie. Dis normaal en daar is niks fout daarmee nie mans. Maar hier is die “kicker”, net omdat jy dit nie verstaan nie vrywaar jou nie van haar hart te beskerm en te koester nie. Sien, as iemand jou vra of jy sal toelaat dat iemand jou vrou slaan weet ek meeste mans gaan dadelik begin soek vir wie selfs daaraan sou dink om hulle uit te sorteer. Hoeveel van ons doen dieselle met ons vrouens se harte? Want vrouens het nodig om geliefd te voel, om veilig te voel dat sy ‘n man het wat elke aand by die huis kom en haar emosioneel sal versorg. Mans luister nou baie mooi – dit het niks uit te waai met jou beroep, geld, persoonlike sharme of vernuf in die bed nie! Al die braaivleis praatjies is meestal bog. As jou vrou in die wete stap dat haar man het haar rug, sal luister met deernis as sy haar hart deel en net die beste vir haar wil hê ten alle tye sal jy moet ver soek om ‘n vrou met meer selfvertroue te kan kry. So mooi soos sy op julle troudag lyk, so mooi moet sy altyd in jou gedagtes bly. As jy jou vrou emosioneel aftakel en nie versorg nie moet jy nie verbaas wees as dinge nie lekker is in jou huis nie.

Met hierdie alles saam is dit belangrik dat paartjies iets altyd onthou – julle is saam in die ding. Ek dink meeste van ons besef dit so dag of wat na die troue, al die gaste is weg, die warboel van reelings is verby en niemand kontak jou meer nie want julle is op honeymoon en getroud. Dan besef mens gewoonlik nou is dit net julle twee, julle is nou julle eie span.
Dit beteken julle moet saam jou huwelik bou en skaaf na wat julle wil hê dit moet wees.
Dit beteken liewe vrou dat as jou man kwylend is oor jou dit ok is om gevlei te voel elke dag van jou lewe, leer hom dalk net hoe om dit te uiter dat jy veilig voel en kan blom vir hom.
Dit beteken man van jou bruid dat jy moet toesien dat jou vrou veilig sal wees emosioneel, dat jy haar rots moet wees wanneer haar emosies bokspring en dat jy haar moet opbeur sodat jy kan regop staan as man van God in haar oë elke dag.

Om terug te kom na my vriende wat getrou het onthou ek daar was ‘n oomblik op die dansbaan wat almal los gedans het (my vrou het pragtig langs my gelyk) en ek vir hulle gekyk het. Die bruid het gedans vir haar man se plesier, en die bruidegom het met soveel liefde en deernis na sy bruid gekyk dat die wereld om hulle sou kon vergaan. Dit is die krag van ‘n paartjie wat hulle huwelik op ‘n gesonde wyse bou. Want elkeen van hulle is volkome versorg in liefde.

Ek geniet om oor verhoudings te praat, dit is iets waaroor so baie boeke geskryf word en tog is dit die een aspek van ons lewens waarin ons keer op keer mee seergemaak word. Hoekom is dit? Ek dink my volgende paar posts gaan ek bietjie dieper in hierdie ingaan.

As jy enige onderwerpe het wat jy wil hê ek moet oor gesels of net in verbindng wil tree kontak my gerus op my Facebook groep of via WordPress se kommentaar funksie.
Soos altyd, as hierdie vir jou iets beteken het share dit asb met iemand, dalk net help ons iemand om weer te kan glimlag.
Vrede.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s