Verhouding kompetisie

Het jy al ooit na die laggende paartjie gekyk en gewens dit was jy en jou ander helfte? Ek praat nie van toe jy enkel lopend was nie, maar vandag, toe jou maat aan jou sy was en julle nie vir mekaar eens wou kyk nie. Dalk kyk julle vir mekaar maar al wat jy sien is die muur agter jou maat.

Waarom sal jy jou verhouding so vergelyk met mense om jou? Glo jy werklik in jou hart dat daardie foto oomblik wat jy gesien het mense se werklikheid is elke oomblik van elke dag?
Ek hoop nie so nie. Die realiteit is dat mense met tye lag, huil, skree of net laf is. Dit wat jy raaksien is ‘n foto in jou gedagtes wat nie die volle werklikheid bevat nie. Jy sien dalk nie die pyn in hulle oë raak of die leë stoel wat hulle almal miskyk, raak nie.

Met dit gesê is ons as mens nogsteeds geneig om ons eie verhoudings aan hierdie valse maatstawwe te wil meet. Ons begin te vergelyk, ons maat met die ander party se maat te vergelyk. Dit gebaseer op ‘n buitestaander se blik van wat in iemand anders se lewe aangaan. Dit begin nou al hoe meer onnosel te klink dat ons so maak, né? Daar is twee goed wat gewoonlik gebeur as ons op hierdie twee-snydende-swaard begin dans.

Die eerste en slegste volgens my is dat ons direk ons maat begin meet aan ander partye se maats gebaseer op ‘n twee dimensionele stilfoto. “My man is nie so goed met die kinders nie”. “My vrou is nie so vriendelik met my nie”. Die lys hier kan lank en onaangenaam raak. Ons begin hierdie verwagtings te kweek wat niks met ons maat se normale manier van wees eens iets uit te waai het nie. Ons probeer ons maat te verander volgens spesifikasies wat net in ons eie gedagtes werklikheid is. Geen wonder ons word so teleurgestel nie.
Die lagwekkendste van hierdie fiasko is dat ons nie eens met ons maat praat oor hierdie goed nie. Die gebrek in kommunikasie tesame met die onbekombare verwagting vorm dan ‘n gif wat aan jou verhouding teer tot dit tot niet gaan.
Sien, as jy jou verwagtinge met jou maat deel byvoorbeeld:
“Liefie, ek wil rerig hê jy moet meer…”
Deur net hierdie verwagting te verwoord skep jy weer eenheid in jou verhouding want dit word tussen julle gedeel. Al sê jou maat nee, is dit minstens in die oopte en nie net ‘n besmetting wat in jou hart onraad laat groei nie.

Die tweede ding wat ons baie keer doen is om die verwagtinge te uiter as span, maar sonder om dit as ‘n wens of versoek in ons verhoudings in te bring.
“Jy beter meer….” As dit bekend klink knik net jou kop. Sien hier is ons besig om ongelooflike stremming op ons maats te sit. Want nou maak ons aandrang op ‘n verwagting wat net mooi niks te doen het met ons maat nie maar wel alles met iemand anders wat ons gesien het. Dis so goed jy gee vir jou maat garing en sê maak ‘n tou om Everest te klim. Tegnies moontlik, maar so vergesog dit is eintlik net dwaas. Dwaas om dit te verwag en net so dwaas as jou maat probeer.
Laaste wat ek gekyk het is die enigste mense wat vryelik vergesogte goed verwag en sê, kleuters. As hierdie klap brand… #jammerniejammer. Dit kos volwasse wees in jouself en in hoe jy jou verhouding hanteer om selfs hierdie verwagtinge met jou maat te kan deel in ‘n konstruktiewe manier. Gelukkig is amper alles in verhoudings iets wat, as ons dit op die regte manier hanteer, ons verhoudings en ons menswees sal kan bou. Dit is immers tog die funksie van ons verhoudings om ons tyd en energie te spandeer saam iemand wat die wereld vir ons beteken. Met dit saam moet ons in mekaar inbou sodat ons kan aanhou groei.
As ons die stremming van mekaar kan afhaal gaan ons maat dalk net hulle krag kan begin inspan om meer hulleself te wees, presies die persoon wat jy gekies het.
Jou maat kan net jou maat wees, enige iets of iemand anders is dreinerend tot jou verhouding en aftakelend tot jou maat.

Ek het ‘n baie eenvoudige manier wat ek my verhouding met my vrou probeer hanteer. Hier is my “cheatsheet” van wenke:

  • Met alles wat jy doen probeer dit in die mees liefdevolste manier moontlik te doen
  • Onthou altyd God het haar aan jou toevertrou om te versorg en te help groei
  • Ken haar behoeftes en deurdink dit dat jy altyd dit aanspreek
  • Wees onbeskaamd jouself en wys onbeskaamd vir haar sy is jou alles
  • Hanteer haar op so manier dat as sy enige iemand sou vertel, niemand haar sou glo dat jy so goed is nie.

Ek glo dat twee mense wat deurdringend eerlik met mekaar is in hulle verhouding soveel seën sal ervaar in hulle psige en menswees. Want die fokus van julle verhouding is altyd om net te bou aan mekaar. As jou fokus so intens op jou maat is, wie het dan tyd om te kyk vir die “kompetisie”?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s