Wat dryf jou?

Ek onthou die eerste keer wat ek deel was van iets wat in my lewe die begin van verandering was. Dit sal vir meeste baie snaaks klink, maar dit was op ‘n sport pawiljoen gewees toe ek saam my vriende gees gevang. Ek het besef op daardie dag dat die goed wat my dryf is om ongelooflik te wees, om wat myne is te beskerm en sekere standaarde (my eie) altyd te hou. Ek moet net die oomblik verduidelik.

Ek en my vriende was op die pawiljoen vir geesvang na aandete in die koshuis. Ons hele skool was op die pawiljoen, of minstens meeste, besig om op ‘n lekker warm Pretoria aand ons longe los te sing. 1200 seuns wat soos een man krete doen is iets om te beleef. Wat ek onthou van daardie tye is nie die liedjies nie, of die sport nie, maar om links en regs van my te kyk en my vriende om my te sien. Te weet hierdie manne gaan my vriende wees vir die res van my lewe.
Om na elke kreet te hoor hoe die eggo terug bons asof dit uit die hele Pretoria kom. Ek het toevallig een aand so paar jaar terug naby Hatfield gery en ‘n volgende generasie so gehoor sing so ek dink nie my aanname is verkeerd nie. Daardie terug bons was vir ons elkeen ‘n belofte dat ons die wereld sou verander of minstens die wereld om ons elkeen.

Vandag is meeste van daardie manne nogsteeds my vriende, inteendeel ons kan mekaar vir jare nie sien nie en kuier en die tyd tussen die vorige kuier en die nuwe een verdwyn. As ek die foon vanaand moet optel en sê ek het moeilikheid weet ek sonder twyvel hulle sal almal kom. Dieselfde sal ek vir hulle doen.
Vandag is ons almal getroud, van ons “uiteindelik” (net ‘n grappie my maat), en ons maak ‘n verskil in die wereld om ons. Ons doen dit op die plek waar ons die grootste impak kan hê, in ons families.

Sien vir my is my vriende baie maal die morele standaard waarteen ek myself meet, hulle dryf na sukses inspireer my om nie op te gee nie. Wat ons elkeen se bank balans is maak nie saak nie. Want dit is nie ‘n kompetisie nie. Inspirasie is anders as kompetisie. Ek is geseend met vriende wat ongelooflike karakter het, mens is met foute maar nogsteeds elke dag streef om beter te wees. Daardie elke dag se soek na beter wees het ek by my vriende geleer en dit dryf my om self elke dag beter te wees.

Tweedens is my familie. Vir my is my familie die mense in my huis eerste, altyd. My ouers (julle weet wie julle is en ek is baie lief vir julle) sal met my saamstem dat ek verantwoordelik is vir my huis en hulle moet oppas en help groei. Inteendeel is dit wat ek by hulle geleer het en gesien het in werking elke dag wat ek onder hulle dak was, is en gaan wees. Sien ek het verskeie voorbeelde van hoe ‘n huis kan wees, maar my standaard is die een waar ek liefde in aksie sien elke dag, waar ek wysheid en ‘n soeke na ‘n dieper verhouding met God elke dag as die norm geleer ken het.
So dit is hoe ek my familie graag sal wil handhaaf en liefhê. Dit is nie so maklik soos wat hulle dit laat lyk aldag nie. My liefde vir my familie wat my vrou en vyf kinders behels is die beginpunt van my bestaan. Dit is die motivering vir hoe ek werk, wie ek is en waar ek in die lewe wil kom.

Wat dryf jou? Wat maak jou vinniger hardloop as wat enige iets anders kan? Daardie een of twee goed wat jy jouself aan meet, wat jou maak harder probeer sonder enige druk van buite?
Mens het nie duisende van hierdie dryfkragte nie. Dit is tog nie iets wat verander sonder groot skeuring in jou lewe nie. Ken jy jouself goed genoeg om die vraag te kan antwoord?
Ouers veral sê baie keer hulle lewe vir hulle kinders. Dit mag dalk waar wees. Vandag wil ek jou uitdaag om so te leef dat jou kinders hulle eie kinders sal wil hê en hulle grootmaak soos jy hulle grootgemaak het.
Vir die van julle wat loopbaan gedrewe is (niks fout hiermee nie) wil ek jou uitdaag om so te werk dat jy ander inspireer om jou werk-etiek te volg. Dat jou manier van werk stigtend is vir jou kollegas en jy sal dryf om so goed te doen dat die wat jou probeer afbreek sal moet kies om jou te beskinner of te werk want hulle kan net byhou as hulle ook werk.
Vir die van julle wat gedryf word om ‘n verskil in mense se lewens te maak (julle is na aan my hart) wil ek vandag inspireer deur te sê mag jou passie vir mense nooit stomp word nie. Mag jy gereeld terugvoering kry van lewens wat jy verander het wat jou energie sal hervul om net meer te doen vir die mense om jou. Mag jou vlak van omgee en inbou in mense se lewens ander leer hoe om beter met hulle medemens te werk. Julle is ‘n rare en ongelooflike dier.

Wat jou ookal dryf, vind dit. Leer jouself ken deur eerlik te wees oor wie en wat jy is. As hierdie introspeksie jou ongemaklik maak vra jouself af hoekom? Dalk leer jy goed van jouself wat jy nie van hou nie. Verander dit dan. Jy is ‘n mens wat kan verander. Verander en word beter as wat jy was. Die pad van verbetering hou nooit op nie.

Ek hoop elkeen wat hierdie lees kan die maandag begin om ‘n beter plek as wat die vorige week afgesluit het.

Vrede.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s