Die eggo van jou kreet is…

Vanaand se post het by my posgevat toe ons sing “die berge sal uitroep”. Hierdie keer vir ‘n heel ander rede. Snaaks hoe dieselfde lied hierdie week so baie impak by my gemaak het. Die gedagte wat by opgekom het is wat is die eggo van my kreet. Wat gebeur as ek by my berg gan staan het en my kreet van oorwinning teen volle bors uitbasuin het?

Ons moet besef dat in party gevalle is ons kreet alleen fantasties vir ons vrede en emosionele gestel terwyl dit niks kan baat by ons situasie nie. Daar moet meer as net ‘n hoendervleis oomblik in party gevalle met ons gebeur. Anders verval ons in die klaaglied, kry my jammer ek is niks werd en onnosel partytjie wat vir niemand snaaks is nie. Sien ek weet dit is partykeer ondraaglik moeilik om iets meer as ons situasie te sien. Terselfde tyd is die emosionele opkikkering al wat ons nodig het. Vandag se post gaan oor wanneer jy weet in jou hart jy moet meer doen.

Daar is tye wanneer my moed my begewe, of wanneer ‘n situasie so onverwags op ons afkom dat ons eers net in ‘n tipe skok ingaan voor ons brein weer doelgerigte besluite maak. Dit is normaal. Van ons val terug op goeie maniere, ander val terug en word soos ‘n kleuter wat tantrum gooi, ander van ons verdwyn in totaliteit en onttrek. Ek dink nie een van hierdie is verkeerd nie, selfs ander reaksies as hierdie is nie verkeerd nie tensy jy iemand te lyf gaan. Want hierdie situasies is onverwags, buite die norm. Daar is nie opleiding vir hoe om hierdie situasies te hanteer nie.

Wat doen jy as die skok bedaar het? Wat doen jy as jy moet begin aksie neem om jou lewe te verander? Loop jy met ‘n glimlag van die krans af? Of begin jy plan maak om ‘n brug te bou?
Verstaan dat hierdie doelgerigte besluitneming gaan kos dat jy buite jou gemaksone gaan moet begin dink. Veel meer as wat jy ooit sou verwag het. Verseker meer as wat jy gedink het jy is tot in staat.

Ons sien op die flieks van hoeveel enkel mammas wat 3 werke werk om kos op die tafel te sit. Pappas wat begin ekstra werke doen, ekstra moeite doen. As finansies jou huis kelder is hierdie dalk ‘n oplossing. Ek weet van ‘n man in Bosnië wat begin skryf het, hy is en sal seker binnekort nie ‘n top verkoper wees nie maar skryf het sy inkomste meer as verdubbel. Wat is jou berg? Finansies? Verhoudings? Werksdruk?

Daar is verseker tye in ons lewens waar die vliegtuig begin uit die lug uit val, waar niks wat ons doen enige verskil maak nie. Weet dat selfs hierdie tye ook verby sal gaan. Moenie moed verloor nie. Moenie dat jou situasie jou emosioneel oorweldig nie. Jy kan en sal deur hierdie tyd ook kom. Hoe doen jy dit? Jy begin deur jou krag en energie in ‘n doelgerigte manier in te span om ‘n wesenlike verskil te maak aan jou situasie.

Verstaan dat hierdie gaan heel moontlik jou situasie kan vererger. Jy mag dalk die boksie om jou breek deur op nuwe onverwagse maniere op te tree. Dit kan jou vriendskappe kos. Die punt is dat jy eienaarskap vat oor jou lewe en JY begin besluit hoe om jou lewe te benader. Jy besluit om nie deur jou situasie rondgesleur te word nie. Jy staan op as kryger en held van jou lewe. Jy begin wesenlik verander, jy klou vas aan “‘n lewe in oorvloed” ten spyte van alles wat dit soos ‘n droom laat voel.

Hoe gaan jy weet dat jy gewen het? My hoop is dat jy so dinamies begin leef dat teen die tyd wat jy besef jy is deur jou situasie jy al verby nog 3 uitdagingstye al is. Ek hoop dat eienaarskap van jou lewe vir jou ‘n leefwyse word. Dat jy saam begin werk met mense wat jou wil bou en sien groei en wegbreek van die wat jou vir hulle eie gemak wil vasgevang hou. Staan op kryger! Staan op held en heldin! Leef voluit, maak nie saak wat oor jou pad kom nie!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s