Dit is wat dit is

Partykeer maak dinge sin. Partykeer doen dit nie. Wat maklik is is nie reg nie en wat reg is is nie noodwendig maklik nie. Ons herstel van gebrokenheid net om weer te breek. Ons het lief om dit te verloor om weer lief te hê. Daar is oomblikke van geluk terwyl ons harte huil en vreugde in ons harte terwyl ons trane loop.

Mense versprei stories oor ons terwyl ons naastes nie weet wat in ons harte gebeur nie. Ons verlang na ideale en mis mense, ons vervang items maar verloor stukkies van ons hart eke dag. Ons wil iets nalaat, ‘n erfenis van die impak wat ons gemaak het wetend niks op hierdie aarde hou nie, niks kan tyd weerstaan nie.

Ons probeer geluk gee en vind en fouteer in een of die ander of selfs alby. Daar is sin in die lewe met sinnelose goed wat konstant om ons gebeur. Daar is sonskyn en reën en die een of die ander laat ons glimlag en die persoon oorkant die straat huil.

Wat is die punt? Wat is die uiteinde? Wat is dit wat jou laat opstaan, laat lag, huil, uitsien na ‘n nuwe dag? Het jy sin in jou lewe of tree jy net nog ‘n tree verder?

Vandag het ek nie antwoorde nie, net vrae en goed om te oordink. Met geen werklike antwoorde te verkry in elk geval nie.

Leave a comment